Logos Multilingual Portal

Select Language



[ No Biography for this Author ]

die boek is vir die mens een moontlike manier om geluk te smaak
die dood is \'n lewe wat geleef is. Die lewe is \'n dood wat op hande is
die hel en die hemel lyk vir my disproporsioneel: die optrede van mense verdien nie soveel nie
die oorspronklike is ontrou aan die vertaling
die werklikheid is wat die meerderheid as die werklikheid beskou
dit was sy lot, soos by alle mense, om moeilike tye te belewe
ek drink nie. Nie omdat dit ’n deug is nie, maar omdat daar ’n drankie is wat my meer aanstaan, naamlik water
ek glo dat ons dit eendag sal verdien om vry te wees van regerings
ek het die ergste sonde ooit gedoen: ek was nie gelukkkig nie
ek het nooit bedoel om deur my skryfwerk na aan die publiek te kom nie. Eintlik het ek nooit bedoel om na aan enigeen te kom nie
ek weet niks van die hedendaagse letterkunde nie. Dis al ’n hele tydjie dat my tydgenootlike skrywers die Grieke is
elke woord was eenmaal ’n neologisme
in die reël het elke land die taal wat hy verdien
in my tyd was daar geen blitsverkopers nie en kon ons nie prostitueer nie. Daar was niemand wat ons prostitusie sou koop nie
laat ander spog oor die bladsye wat hulle geskryf het; ek is trots op dié wat ek gelees het
miskien is Etiek ’n wetenskap wat van die gesig van die aarde verdwyn het. Nietemin, ons sal dit nog ’n slag moet uitvind
niks is op klip gebou nie; alles is op sand gebou, maar ons moet bou asof die sand klip was
om ʼn mens se vyand lief te hê (soos die Evangelie vra) is nie ʼn taak vir mense nie, maar eerder vir engele
om ’n biblioteek te orden is ’n stilswyende manier om die kuns van kritiek te beoefen
ongelukkig is dit moontlik om verlief te raak op tagtig. Ek skryf juis om my gedagtes van die liefde af te kry
ons is ons eie herinnering, ons is daardie denkbeeldige museum van veranderlike vorme, daardie hoop gebreekte spieëls
patriotisme is die mins skerpsinnige van alle passies
skuld duur net so lank soos selfverwyt
sokker is populêr, want domheid is populêr
sterf is \'n gewoonte wat mense het
twyfel is een van die benamings van intelligensie
vir sommige kommuniste is antikommunisties gelyk aan fascisties. Dit is net so onverstaanbaar as om te sê as jy nie katoliek is nie, is jy ’n Mormoon
waarheen gaan jy, Iwan? Ek gaan na Minsk. Jy lieg, Iwan! Jy sê vir my jy gaan Minsk toe om my te laat dink jy gaan Moskou toe, maar in werklikheid gaan jy na Minsk. Jy lieg, Iwan!
wanneer jy aan die slaap raak, vergeet jy jouself. En wanneer jy wakker word, onthou jy jouself
\'n mens is nie wat jy is deur wat jy geskryf het nie, maar deur wat jy gelees het
’n goeie mens is intelligent, en daarby is ’n slegte ’n idioot. Morele en intellektuele eienskappe stem ooreen